Psigiatriese pasiënt spring na dood

2009-10-12 08:00
Tweets Share Share line Print

Marelize Potgieter

Kaapstad - ’n Jong man wat vir waarneming in die psigiatriese afdeling van die Karl Bremer-hospitaal in Bellville was, het Saterdag – op Internasionale Geestesgesondheidsdag – selfmoord gepleeg deur van die dak van die hospitaal na sy dood te spring.

Efraim Khabolisa (21) van Khayelitsha het omstreeks 14:00 ses verdiepings ver geval nadat hy ure lank op die dak gestaan het en gedreig het om af te spring.

Volgens Mark van der Heever, woordvoerder van die provinsiale gesondheidsdepartement, is die oorledene die vorige dag in die hospitaal opgeneem.

Hy was onder 72 uur-waarneming en is nog nie gediagnoseer nie.

“In hierdie stadium weet ons nie wat hom besiel het om af te spring nie,” het hy gesê.

Die pasiënt het uit die waarnemingseenheid ontsnap toe ’n ­sekerheidsbeampte die hek vir ’n dokter oopgemaak het.

Beraders, polisiebeamptes en dokters van die hospitaal het hom deurentyd probeer ompraat om nie te spring nie.

Terwyl hy ure lank op die randjie van die dak gewik en geweeg het, het hy verskeie verbale uitbarstings gehad.

Hy het onder meer beweer ’n dokter wil hom om die lewe bring en dat die sekerheidsbeamptes bewus was van ’n komplot in die hospitaal.

Volgens ’n omstander op die toneel,Tami Hlanza, wat die pasiënt vanaf die grond probeer ompraat het om nie te spring nie, het die man herhaaldelik gesê hy wil nie met hospitaalpersoneel praat nie.

Hlanza het aangebied om hom na die townships toe te vat, maar dit het die pasiënt nie laat kalmeer nie.

- Die Burger

Lees meer oor: selfmoorde

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Koos sê... @Willem, hoop daar is 'n bus oppad wyl hulle in die pad besig is. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Intermediate .Net Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Developer

Centurion
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R420000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 124,995.00

BMW

320d E90 Dsl AT
2007
R 265,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.