Prys van petrol en diesel daal
2011-12-29 12:15
Johannesburg – Die handelsprys van petrol en diesel sal
volgende week daal, het die departement van energie aangekondig.
In Gauteng sal een liter 95-oktaan loodvrye petrol van Woensdag af R10,61 kos.
Die prys van 93-oktaan loodvrye petrol sal met
ses sent per liter daal terwyl die prys van 95-oktaan loodvrye petrol vyf sent
per liter goedkoper sal wees.
Diesel met ‘n 0.005% swael-inhoud sal 20 sent per liter goedkoper wees.
Die groothandelprys van paraffien sal met 25
sent per liter daal.
Die nasionale handelsprys vir paraffien sal
met 33 sent per liter daal.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA