Prokureur aangeval, vriendin verkrag

2010-09-24 08:30
Tweets Share Share line Print

Volksblad

Bloemfontein - Inwoners van die Bloemfonteinse woonbuurt Langenhovenpark is Woensdagaand geruk toe ’n bekende prokureur van die stad en ’n vriendin in sy huis aangeval en die vrou verkrag is.

Volgens lt.kol. Annelie Wrensch, polisiewoordvoerder, het die 66-jarige prokureur en ’n 58-jarige vriendin in sy huis in Jan Brand-straat televisie gekyk toe drie gewapende rowers hulle omstreeks 19:00 oorval het.

Die vermeende aanvallers het die man en sy vriendin toe glo aangerand en die vrou verkrag.

Volgens Wrensch het die vermeende aanvallers toegang tot die huis verkry deur ’n sekuriteitshek af te breek.

Hulle het elektriese toestelle en vuurwapens in twee motors gelaai, maar kon slegs met een van die motors vlug.

Die registrasienommer van die motor is aan alle polisiekantore in en om Bloemfontein gegee en lede van die Kopanong-polisiekantoor het die motor gesien.

Volgens Wrensch het die polisie ’n verdagte, wat in die motor was, in hegtenis geneem.

Hy het later nog vier verdagtes uitgewys wat ook in hegtenis geneem is. Wrensch sê al die gesteelde goedere is teruggekry, behalwe een vuurwapen.

Amanda Appelgryn, woordvoerder van die Bloemfontein-Medi-Clinic, sê die man is vir snywonde behandel en die vrou vir sagteweefselbeserings.

Volgens Appelgryn was die vrou erg getraumatiseer en moes sy berading ontvang.

Geregtelike mediese ondersoeke is ook op die vrou uitgevoer. Albei is ontslaan.

Wrensch sê die name van die slagoffers word verswyg, omdat die saak baie sensitief is.

Die vyf verdagtes verskyn Maandag in die Bloemfonteinse landdroshof op aanklagte van huisroof en verkragting.

- Volksblad

Lees meer oor: verkragtings  |  aanvalle  |  misdaad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gotterdammerung sê... Huh? Daar is net een ding wat hy kan vasvat en dit was vervang in 'n (nou beskadigde) portret Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Micra 1.5 DCi Tekna 3-dr Dsl
2007
R 109,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.