'Professionele diewe' steel kluise in Bloem

2011-09-01 08:10
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein - Arrogante diewe wat wapen- en geldkluise uit huise steel, het inwoners van Bloemfontein se noordelike voorstede op hol.

’n Onrusbarende ooreenkoms tussen minstens sewe diefstalle van kluise in onder meer Noordhoek, genl. Dan Pienaar, Bayswater en Rayton, het in ’n ondersoek deur Volksblad aan die lig gekom.

Die diefstalle wat helder oordag oor naweke plaasvind, word met absolute presisie uitgevoer.

Die alarms in van die slagoffers se huise het gedurende die inbrake ook nie afgegaan nie. Hekke en veiligheidsdeure is oopgebreek.

Verskeie kluise wat gesteel is, is in Vaalbank-Suid gevind.

Een van die slagoffers, wat verkies om anoniem te bly, sê op 13 Augustus was hy en sy vrou in die stad toe die diewe op sy huis toegeslaan het.

Die kluis met waardevolle horlosies, kameras en ’n .38-rewolwer was aan die muur in ’n kas vasgebout. Dit is uitgebreek. Sy alarm het nie afgegaan nie. Die diewe het ook babaklere en ’n Nestle Nespresso-koffiemasjien gesteel. Die man het later die rewolwer gevind wat onder ’n kussing op ’n rusbank weggesteek was. Volgens hom het hy vooraf ’n verdagte Volkswagen Caddy gesien. Die insittende was ’n ou man met wit hare.

Volgens hom is hy en sy vrou vermoedelik dopgehou en op die dag van die inbraak agtervolg om seker te maak die diewe word nie deur hulle in die huis betrap nie.

’n Bloemfonteinse egpaar was op 3 April by die kerk toe hul kluis, waarin onder meer ’n pistool en rewolwer was, uit hul huis gesteel is.

Die alarmboks is uit die dak geruk.

Ook op 13 Augustus is ’n kluis met twee jaggewere, ’n pistool en rewolwer uit Stefan Nel se huis in Louw Wepener-straat gesteel toe hy en sy gesin tennis by die Laerskool Willem Postma gespeel het.

Nel se kluis met die twee jaggewere is in Vaalbank-Suid gevind, maar die handwapens is steeds soek.

Die private speurder Leon Rossouw volg tans inligting oor die diefstalle op. Hy sê dieselfde modus operandi word in die meeste van die inbrake gevolg. Volgens hom is die diewe nie geleentheidsinbrekers, maar moontlik professionele misdadigers. “Hulle weet wat hulle doen.”

Volksblad het ’n volledige navraag aan die polisie gerig waarin onder meer gevra word hoeveel van dié gevalle in Bloemfontein aangemeld en die getal vuurwapens wat gesteel is.

Die polisie is ook gevra of enige van die gesteelde vuurwapens in ander misdade gebruik is.

Kapt. Harry Nagel, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê hy sal vandag op die navraag reageer.

Die Nestle Nespresso-koffiemasjien wat in een van die inbrake gesteel is, is ’n baie skaars koffiemasjien. Enigiemand met inligting oor dié koffiemasjien en inwoners uit wie se huise ook kluise gesteel is, word gevra om Volksblad by 083-253-1879 te bel.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lees meer oor: huisbraak  |  diefstal

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gotterdammerung sê... Huh? Daar is net een ding wat hy kan vasvat en dit was vervang in 'n (nou beskadigde) portret Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Micra 1.5 DCi Tekna 3-dr Dsl
2007
R 109,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.