Prof sleep Hlophe hof toe
2009-07-30 09:05
‘n Amerikaanse regsprofessor het die Kaapse regter-president John Hlophe gedagvaar.
Volgens The Times voel die professor glo dat Hlophe hom beledig het.
Prof. Winston Nagan eis sowat R6 miljoen vanaf Hlophe.
Hlophe het Nagan glo die skuld gegee vir die vertraging in ‘n uitspraak van ‘n saak waarby hy betrokke was.
Nagan voel hierdie aantyging doen sy gemoed, goeie naam en reputasie skade aan.
–Sapa