Prof. Kapp kap US-taalbeleid

2009-12-10 20:39
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Alhoewel daar “oomblikke van hoop en optimisme” vir Afrikaans as onderrigtaal aan die Universiteit Stellenbosch (US) was spyt dit my dat ek vanaand aan u moet rapporteer dat ons nie daarin kon slaag om hierdie vaste plek te verseker nie.

Só het prof. Pieter Kapp, president van die US-konvokasie, Donderdagaand in ‘n persverklaring deur die konvokasie  bekendgemaak.
Kapp het gereageer op  die Konvokasie-bestuur se uitvoering van die opdrag deur die US-konvokasie wat betref onderrigtaal aan die US.

In 2002, 2005 en 2007 het die konvokasie hom duidelik uitgespreek dat die US ‘n Afrikaanse universiteit moet bly wat meertaligheid bevorder, in stede van ‘n meertalige universiteit wat Afrikaans bevorder.

Volgens Kapp is dit die “praktyk wat tel, nie die mooi woorde oor die goeie bedoelinge  wat nagestreef sal word nie”.

Luidens die verklaring het die konvokasiebestuur deurgaans drie standpunte oor die taal van onderrig ingeneem: Die T-opsie (Afrikaans en Engels gemeng in dieselfde klas) is ‘n onverstandige onderrigmedium; daar behoort ‘n 75% gewaarborgde Afrikaanse onderrigaanbod te wees; en strategiese venootskappe is nodig om uitvoering te gee aan die US se visiestelling wat insluit dat Afrikaans as onderrig en wetenskapstaal uitgebou moet word.

Hy beskryf die onlangse 60%-minimumwaarborg van Afrikaanse voorgraadse onderrig as “misleidend”: “Dit is in die eerste plek net ’n ‘waarborg’ vir vier jaar.

“Tweedens, geld hierdie 60% vereiste nie per fakulteit nie.  Dit sou dus moontlik wees vir ’n klein fakulteit om ’n nul aanbod in Afrikaans aan te bied waarvoor ’n groot fakulteit met ’n 100% parallelmedium aanbod ‘vergoed’.

“Derdens moet  in aanmerking geneem word dat minder as 20% van nagraadse onderrig en navorsing -  daar waar die werklike ontwikkeling van ’n wetenskapstaal plaasvind - in Afrikaans geskied. ...Afrikaans aan die US is dus waarskynlik nader aan 40%. Stellenbosch het dus gekies vir ’n minimale posisie vir Afrikaans en ’n maksimale posisie vir Engels,” aldus Kapp.

Prof. Kapp het onder meer gevra waarom  die US die aanbod van so ’n gerespekteerde organisasie soos die Suid-Afrikaans Onderwysersunie om ’n vennootskapsooreenkoms met die US te sluit... so “onvriendelik” van die hand gewys het, asook of  net die Afrikaanstaliges tweetalig moet wees.

Hy het gesê  die nie-beantwoording van sy vrae “is simptomaties van ander negatiewe ontwikkelinge vanjaar” wat hom tot onrustigheid stem.  

Vir die eerste keer in die geskiedenis van die Universiteit Stellenbosch het twee vooraanstaande verkose Raadslede bedank omdat hulle nie met die rigting waarin die taalbeleid beweeg, kon saamgaan nie. 

’n Georkestreerde poging is aangewend om ’n lid van die Taalkomitee wat bekend is vir sy pro-Afrikaanse standpunte onder sensuur te plaas, het Kapp gesê.
 

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Trippie sê... Probeer gerus paddavissies ... uit die boonste rakke. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-29°C Isolated tstorms. Mostly cloudy. Warm.
Jhb: 16-27°C Passing showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 21-30°C Strong thunderstorms. More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Light rain. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-25°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Spark 1.0 LS 5-dr
2006
R 59,995.00

ISUZU

KB300 TDi D-Cab LX Dsl MY04 PU
2007
R 148,994.00

FORD

Territory 4.0 AWD Ghia AT MY06
2007
R 159,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.