Prinsloo nie uitgelewer aan SA

2010-02-03 10:18
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die Suid-Afrikaanse voortvlugtige, Dirk Prinsloo, sal eers sy 13 jaar tronkstraf in ‘n tronk in Belarus moet uitdien, voordat hy weer voet op eie bodem sal kan sit, het die nasionale vervolgingsgesag (NVG) Woensdag gesê.  

"In die stadium het ons dit nog nie oorweeg om hom uit te lewer nie,” het Mthunzi Maga, woordvoerder van die NVG gesê.

“Ons glo dat die owerhede in Belarus hom sal deporteer sodra hy sy vonnis klaar uitgedien het. Hy sal dan op dieselfde klagtes soos Cézanne Visser teregstaan.”

Visser, Prinsloo se gewese vriendin, is skuldig bevind aan die onsedelike aanranding van kinders en korrupsie.

Sy sal op 8 Februarie gevonnis word.

Prinsloo is verlede jaar in Belarus in hegtenis geneem, nadat hy probeer het om ‘n bank te beroof.

Hy is Maandag tot 13 jaar tronkstraf gevonnis op aanklagtes van diefstal, aanranding en poging tot bankroof.

- Sapa

Lees meer oor: cezanne visser  |  hof  |  dirk prinsloo

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

wynakruger sê... Nog n' gravy trein, die res is ANC bemerking Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.