Prince boete opgelê ná hy dronk bestuur

2011-06-22 08:59
Tweets Share Share line Print

Kaapstad en Oudtshoorn - Truman Prince, die ANC se nuwe burgemeester in Beaufort-Wes, is verlede Woensdag in die Laingsburg-landdroshof skuldig bevind op ’n aanklag van dronkbestuur.

Prince se bloedalkoholvlak was 0,14g per 100mF, terwyl die wettige perk 0,05g per 100mF is.

Prince het skuld op die aanklagte beken en is ’n boete van R2 000 opgelê.

Die saak spruit uit ’n voorval op Saterdag 31 Julie verlede jaar toe Prince op die dorp onder die invloed bestuur het.

Hy is aangekeer en vier uur lank deur die polisie aangehou voordat hy op borgtog van R2 000 vrygelaat is.

Hy het op 7 Desember die eerste keer in die hof verskyn.

Die wettige perk vir bloedalkoholtoetse is 0,05g per 100mF en vir asem­alkoholtoetse is dit 0,24g per 1000mF.

Prince kan volgens ’n munisipale bestuurder in een van die Karoodorpe steeds as burgemeester aanbly.

“Hy het mos nie ’n moord gepleeg nie,” het die bestuurder, wat gevra het om anoniem te bly, gesê.

Prince het nadat Die Burger hom Dinsdag die eerste keer vir kommentaar genader het, gesê hy is in ’n vergadering en moet later gekontak word. Hy het later gevra hoekom hy nie uitgelos kan word nie en navrae na sy prokureur, Willem Wagener, verwys.

Wagener het bevestig Prince het ná onderhandelings met die staat skuld op die aanklagte beken. “Ons het skuld beken en ’n boete betaal, maar dit het geen invloed op Truman se amp nie,” het Wagener Dinsdag gesê. “Dit is ’n alledaagse oortreding – nie dat ons dit afmaak as ’n geringe oortreding nie.

“Die feit dat hy bereid was om skuld te beken en die boete te betaal dui daarop dat hy erns maak van sy amp as burgemeester.”

Hy het bevestig dat Prince nou ’n misdaadrekord het.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
18 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gotterdammerung sê... Huh? Daar is net een ding wat hy kan vasvat en dit was vervang in 'n (nou beskadigde) portret Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Micra 1.5 DCi Tekna 3-dr Dsl
2007
R 109,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.