Pretoria-ontploffing: Twee erg beseer
2011-02-04 12:23
Pretoria – Twee vroue het Vrydagoggend erg gebrand in ontploffing in 'n restaurant in Pretoria se stadskern, berig Sapa.
"Dit is nog onduidelik presies wat die ontploffing veroorsaak het, maar die vroue het die kitskos-restaurant op die hoek van Proes- en Beatrixstraat oopgemaak, toe die harde ontploffing plaasgevind het," volgens Vanessa Jackson van ER24.
Volgens ooggetuies is die restaurant binne aan flarde en die vroue is baie gelukkig om te leef.
Dit het omstreeks 6:40 gebeur. Niemand anders is beseer nie.
Die vroue is behandel en na 'n hospitaal gebring.
Volg Nuus24 op Twitter
- Beeld