Pretoria of Tshwane? Minister weet self nie

2012-01-28 08:30
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Paul Mashatile, minister van kuns en kultuur, het toegegee hy weet nie wat die hoofstad se naam is nie.

Hy het ook verras deur Vrydag te sê daar is geen aansoek op sy tafel wat hom versoek om Pretoria se naam na Tshwane te verander nie.

Dit is in skrille kontras met Kgosientso Ramokgopa, Tshwane se uitvoerende burgemeester, wat in November verlede jaar gesê het dié metro is in gesprek met Mashatile oor die finalisering van Tshwane se hoofstad­status.

Mashatile, ook leier van die ANC in Gauteng, het Vrydag aan Beeld gesê daar is verwarring oor Pretoria se status as hoofstad.

“Daar is twee weergawes. Tshwane sê dié naam is lank reeds die hoofstad se naam en wil hê die woonbuurt Pretoria se naam moet verdwyn.

“AfriForum-hulle sê weer Pretoria is steeds die hoofstad se naam. Die groepe moet met mekaar in gesprek tree.”

Hy het gesê die vraag is of ’n woonbuurt (Pretoria) as ’n hoofstad gereken kan word.

Tshwane het in die era van dr. Gwen Ramokgopa, sy vorige burgemeester, voet by stuk gehou Pretoria se naam is sedert 2000 – toe Tshwane as ’n metromunisipaliteit tot stand gekom het – net in die middestad tussen DF Malanrylaan en Du Toitstraat geregistreer.

Haar opvolger, Kgosientso Ramokgopa, het aangedui Pretoria is steeds die stad se naam en daarom die aansoek om dit te verander.

Dit beteken die stad en munisipaliteit sal as Tshwane bekendstaan.

Mashatile het gesê hy het nog geen so ’n aansoek ontvang nie.

Die Tshwane-raad het intussen sy beleid vir die benaming van openbare plek- en straatname eergister op ’n vergadering gewysig.

Opposisiepartye meen die ANC sal met die nuwe beleid makliker straatname kan verander.

Die DA sê hy is bekommerd oor belangrike klousules wat in die slag gebly het.

Een van dié klousules behels dat meer as 51% van inwoners of sakelui in ’n straat ’n voorgestelde naam moet goedkeur.

Dr. Conrad Beyers van die VF+ sê die gewysigde beleid gaan dit beslis makliker maak om straatname eensydig te verander.

“Dit kan ’n resep vir konflik wees. Ons glo aan ’n gee-en-neem-benadering en besef daar is name in die stad wat nie volhoubaar is nie.”  

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: pretoria

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Nico sê... Sirrion....uitgevang! Jy se hierbo: "Ek gee eerder my liefde aan die agtergeblewe weeskinders in die gemeenskap. Uiters bevredigende werk."Jy, legens en stinkvinger werk seker saam om die arme weeskinders te misbruik want hulle praat mos nie. En dan noem jy dit liefde? Al drie van julle is rubbish wat agter skuilname wegkruip. Daar moet 'n rede wees! Julle is gemors. Sies!!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 17-24°C Mostly sunny. Mild. Pta: 18-30°C More sun than clouds. Pleasantly warm.
Jhb: 15-27°C Morning clouds. Pleasantly warm. Bfn: 13-28°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 22-27°C Morning clouds. Mild. PE: 18-23°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Jobs - Find your dream job

Financial Manager

Johannesburg, South Africa
Under African Skies Recruitment
R35000 - R40000

SharePoint Developer

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
Market Related

Microsoft Engineer (Exchange)

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
R20000 - R24000

Cars - Search 1000's of new and used cars

NISSAN

Livina 1.6 Visia 5-dr
2008
R 85,990.00

MERCEDES

C200 K Classic MY07 AT
2009
R 269,900.00

FIAT

Strada 1.6 ELX PU
2006
R 89,995.00

Property - Find a new home

Travel - Look, Book, Go!

Unbeatable Mauritius

Spend 7 nights at Sofitel Mauritius L'Imperial Resort and Spa from R10 757 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - shop online today

Big Mama-speletjies – Tot 50%-afslag

Begin saamspeel teen ’n beter prys met die Big Mama-uitverkoping. Tot 50%-afslag op speletjies + aflewering binne 24 uur*. Koop dit nou.

Big Mama DVD’s – Tot 80%-afslag

Kry tot 80%-afslag op ons DVD’s. Dié aanbod sluit aflewering binne 24 uur in* & is slegs beskikbaar terwyl voorraad hou.

Lego op Uitverkoping

Bespaar R200 op die Geonosian Starfighter en betaal slegs R299,95. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Die Big Mama Uitverkoping

Die Big Mama Uitverkoping is nou aan die gang. Kry tot 80% afslag op Boeke, Musiek, DVD’s, Speletjies, Elektronika, Speelgoed & Geskenke. Koop nou.

Elektronika op uitverkoping

Tot 80% afslag op elektronika + 24 uur-aflewering. Koop nou.

Gratis aflewering binne 24 uur*

Big Mama gobii eLeser-aanbod

Kry die 7" LCD eLeser vir slegs R899 + ’n Gratis eBoek-koepon van R160. Daar is eBoeke beskikbaar vanaf R49,95 waarop jy jou koepon kan spandeer. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.