Pretoria bly Pretoria
2010-02-05 14:00
Johannesburg - Die regering het ná 'n brief van die burgerregte-organisasie AfriForum besluit om die goedkeuring van die naamsverandering van Pretoria na Tshwane terug te trek.
"Die minister van kuns en kultuur, Lulu Xingwana, het Vrydag gevra dat die goedkeuring van die naamsverandering van Pretoria na Tshwane teruggetrek word en só in die Government Gazette publiseer word," het Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, in 'n verklaring gesê.
"Pretoria se naam is nou weer amptelik Pretoria."
Kriel het Xingwana bedank vir haar groothartigheid om die naamsverandering terug te trek.
Verlede week is die ministerie se plan om die Pretoria se naam na Tshwane te verander in die Government Gazette gepubliseer.
Die ministerie het Maandag gesê hulle gaan die naamsverandering weens "tegniese sake" terug trek.
– Sapa