'President moet kant kies in rasse-debakel'

2011-03-03 08:08
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Pres. Jacob Zuma sal moet kies watter kant hy staan van die rasse-debakel wat tans op senior vlak in sy regering woed, het ontleders Woensdag gesê.

“Die ANC het ’n beslissende punt in sy geskiedenis ná apartheid bereik,” het dr. Fanie du Toit van die Instituut vir Geregtigheid en Versoening gesê.

“Gaan hy toelaat dat etnisiteit en broederbonde die lyne van die regering bepaal, òf gaan hy hou by sy tradisie dat die ANC ’n party vir alle mense is?

“Zuma sal moet sê aan watter kant hy hom skaar.”

Dit volg nadat Trevor Manuel, minister in die presidensie, ’n striemende aanval in die media op die regering se omstrede woordvoerder, Jimmy Manyi, gedoen en hom vir ’n rassis in die klas van dr. H.F. Verwoerd uitkryt het.

Du Toit het gesê Manuel verteenwoordig een paradigma binne die ANC wat menseregte voorstaan, terwyl Manyi die idee van etnisiteit en “baantjies vir boeties” verteenwoordig.

“En met etnisiteit bedoel ek enige groep mense wat lojaal staan teenoor mekaar, ongeag of dit rondom kleur, sake-idees of enige ander kwessie is.

“Zuma sal moet besluit of hy nie-rassigheid wil nastreef en of hy mense soos Jimmy Manyi wil verduur.”

Du Toit, sowel as prof. Pierre de Vos, grondwetkenner verbonde aan die Universiteit van Kaapstad, meen dit is ongekend en treffend dat Manuel hom so sterk uitgespreek het.

De Vos het gesê Zuma se leiding is nou nodig om die saak te beredder. Hy meen dit is onwaarskynlik dat Manuel sy uitsprake in die openbaar sou doen as hy nie ondersteuning binne die ANC daarvoor het nie.

“Ek sal nie verbaas wees as daar straks oor gekoukus is nie. Dit lyk ook asof hy heeltemal uit die hart gepraat het.”

Volgens De Vos is die rasse-spanning wat nou gesien word, iets wat onder die oppervlak geprut het.

“Onder bruin mense, Afrikane en Indiërs is daar mense met nog groot vooroordele en verskille. Dit help nie om te maak asof dit nie bestaan nie.”

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
18 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gotterdammerung sê... Huh? Daar is net een ding wat hy kan vasvat en dit was vervang in 'n (nou beskadigde) portret Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Micra 1.5 DCi Tekna 3-dr Dsl
2007
R 109,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.