President mag nie sommer kwytskeld nie
2010-02-23 17:08
Johannesburg-Die Konstitusionele Hof het beslis dat die President nie 'n persoon kan kwytskeld wat aan 'n politieke misdaad skuldig bevind is, voordat hy met die slagoffers van die misdaad gepraat het nie.
Die hof het vandag uitspraak gelewer in die aansoek van Ryan Albutt, 'n voormalige AWB-lid wat in 1995 skuldig bevind is aan 'n rasgemotiveerde moord.
Die saak spruit uit die spesiale kwytskeldings-tydperk van 2007, wat die Waarheids- en Versoeningskommissie se werk voortsit.
Hoofregter Sandile Ngcobo sê omdat hierdie vergunning veronderstel is om versoening mee te bring, is die deelname van slagoffers noodsaaklik.
Dié uitspraak sal slegs in spesiale kwytskeldingsgevalle geld, en nie gewone kwytskeldings nie.
-Die Burger