President die kop gewas

2010-02-08 06:07
Tweets Share Share line Print

Pieter du Toit

Kaapstad - Pres. Jacob Zuma loop vir eers nie die gevaar om soos oudpres. Thabo Mbeki uit die Uniegebou herroep te word nie, maar hy gaan wel deur senior partyleiers die kop gewas word.

Indien hy egter nie finaal oop kaarte met die ANC se leierskap speel oor sy private lewe nie, is dit nie onmoontlik dat hy dieselfde paadjie as Mbeki kan loop nie, omdat enige verdere onbetaamlikhede die party min ruimte sal laat om hom te steun.

Gwede Mantashe, die ANC se sekretaris-generaal, en adj.pres. Kgalema Motlanthe, die party se onderleier, is volgens ingeligtes die aangewese partygenote wat aan Zuma die erns van die saak gaan verduidelik.

“Hulle gaan hom sê die verlede is in die verlede, maar dat hy homself in hemelsnaam nie weer in só ’n posisie moet plaas nie. As dit weer gebeur, gaan die ANC geen keuse hê as om baie sterk standpunt in te neem nie,” het ’n gesagsfiguur op voorwaarde van anonimiteit gesê.

Dít het gister te midde van hernude berigte oor nóg Zuma-kinders aan die lig gekom. Zuma was gistermiddag in die Paarl terwyl die ANC probeer het om sy “nagmerrieweek” agter hom te sit en voor te berei op die staatsrede en die herdenking van oudpres. Nelson Mandela se vrylating uit die gevangenis eerskomende Donderdag.

Dis glo veral Mantashe, wat onlangs sy 25ste huweliksherdenking gevier het en sy troubeloftes aan sy vrou herhaal het, wat Zuma se optrede onaanvaarbaar vind. Daar is gister aan Die Burger gesê: “Daar is reeds ’n geruime tyd ongelukkigheid oor sy private lewe. Die nuutste voorval is egter die ergste van almal. As dit weer gebeur, sal ons ’n resolusie oor die kwessie moet aanneem.”

ANC-leiers én LP’s het glo die afgelope week bontgestaan om die party se standpunt aan ondersteuners en kiesafdelings te verduidelik.

Een ANC-leier het gesê hoewel daar wye ongelukkigheid oor Zuma se private lewe is, sal dit nêrens formeel beslag kry op ’n agenda of op leiersvergaderings nie. Die saak sal in die agtergrond en op ’n informele wyse bespreek en bestuur word. “As dit op ’n politieke grondslag oorweeg moet word, kan daar net een uitkoms wees. En dis nog nie nou die tyd daarvoor nie.”

Brian Sokuto, ANC-woordvoerder, het gesê die kwessie word nou as afgehandel beskou en dis nie amptelik op die sakelys vir vandag se beplande vergadering van die nasionale werkkomitee nie.

Die ANC se vroueliga het ook gister sy steun aan Zuma toegesê. Nosipho Ntwanambi, adjunkpresident van die vroueliga, het by navraag gesê hulle aanvaar Zuma se verskoning “onvoorwaardelik”.

“Hy het sy fout erken en skadevergoeding betaal. Ons dink nie dit het die ANC of sy beleidsrigtings enige skade berokken nie... buitendien, Zuma is MIV-negatief en word gereeld getoets,” het sy gesê.

Zuma ontmoet inwoners van Guguletu vandag as deel van ANC-vieringe rondom Mandela se vrylating destyds.

- Die Burger
 

Lees meer oor: jacob zuma

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Oki sê... Ja hy is beslis nie meer die leier van die anc jeugliga nie!! Hy het sy bek uitgespoel soos hy wou en nie gedink dat sy eie mense hul moere gaan strip nie,maar eintlik is dit ook maar net omdat hy Zuma so erg gekritiseer het. Zumpie soek nie teenstanders nie want hy wil nog vir 4jaar lekker geldjies verdien en vernaam voorkom. Hierdie aap nasie is Suid-Afrika se ondergang. HOE kon slim F.W. de Klerk DIT nie geweet het nie?! Of het hy maar met sy miljoene in die bank,warm agter sy griek se rug net eenvoudig nie meer geworry het nie?! WIE moet eintlik hier die kopskoot kry?! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-28°C A few tstorms. Mostly cloudy. Mild.
Jhb: 17-26°C Scattered showers. Mostly cloudy. Mild. Bfn: 21-30°C Thunderstorms. Mostly cloudy. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Showers late. More clouds than sun. Warm. PE: 19-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Network Engineer

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
R20000 - R32000

Data Manager

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
Market Related

PL/SQL Oracle Developer

Midrand
Nu Beginnings Recruitment Specialists
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla Verso 180 TX MPV MY05
2004
R 129,990.00

TOYOTA

Hilux 3.0 D-4D Raider RB D-Cab Dsl PU MY09 AT
2010
R 329,000.00

MINI

Cooper Clubman 1.6 5-dr MY08 AT
2011
R 224,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.