Presidensie distansieer hom van Heath

2011-12-10 16:44
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die presidensie het hom Saterdag gedistansieer van enige bewerings wat deur die nuwe hoof van die presidensie se spesiale ondersoekeenheid (SOE), Willem Heath, gemaak is teen oudpres. Thabo Mbeki.

"Die presidensie en die regering oor die algemeen het hoegenaamd niks te doen met die uitlatings wat deur mnr Heath gemaak is nie," het Mac Maharaj, die presidensiële woordvoerder, in 'n verklaring gesê.

"Geen van die aantygings wat deur mnr Heath gemaak is, het enigiets te make met sy rol as die hoof van die SOE nie."

Heath het in 'n onderhoud met City Press beweer oudpres. Thabo Mbeki sit agter die aanklagte van verkragting en korrupsie teen pres. Jacob Zuma voor Zuma as die land se president verkies is.

Zuma is in 2006 vrygespreek op 'n aanklag van verkragting en 'n aanklag van korrupsie is laat vaar.

Heath het gesê Mbeki het aan die na­sionale vervolgingsgesag (NVG) “voorgeskryf” in Zuma se verkragtingverhoor.

“Hulle (Shaik en Tony Yengeni) is opgeoffer. Dit was maklik om hulle te offer. En toe inisieer Mbeki natuurlik Zuma se vervolging. Nie net wat betref die korrupsieaanklagte nie, maar ook die verkragtingsaak.

“Hy (Mbeki) het aan die NVG voorgeskryf watter besluite hulle moet neem. Ek kan nie die bewyse aan jou verklap nie, maar daar is oor die algemeen geen twyfel nie dat hy ’n sterk sê in daardie besluite gehad het en tog was die NVG veronderstel om onafhanklik te wees,” het Heath gesê.

– Volg nuus24 op Twitter.

- SAPA

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gotterdammerung sê... Huh? Daar is net een ding wat hy kan vasvat en dit was vervang in 'n (nou beskadigde) portret Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Micra 1.5 DCi Tekna 3-dr Dsl
2007
R 109,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.