Premier van KZN nie deel van 'komplot' teen Zuma
2012-01-01 20:03
Durban – Die KwaZulu-Natalse premier, Zweli Mkhize, het ontken dat hy by enige "komplot" betrokke was om pres. Jacob Zuma uit sy amp te verwyder, het die nuuswebwerf iol.co.za berig.
Hy het ook gerugte ontken dat hy binnekort as premier sal uittree om 'n diplomatieke pos in Nieu-Seeland te aanvaar.
Mkhize het volgens die berig sy ondersteuning vir die ANC se president bevestig “nou en al die pad” tot by die party se konferensie, wat in Desember in Mangaung sal plaasvind. So bring hy 'n einde aan maande se bespiegeling oor moontlike konflik tussen Mkhize en Zuma.
Dié bespiegeling volg nadat Mkhize vroeër verbind is met die presidensiële ambisies van die minister van menslike nedersettings, Tokyo Sexwale.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA