Premier se vrou word ondersoek
2012-01-28 10:00
Polokwane – Die vrou van Cassel Mathale, premier van Limpopo, word weens beweerde bedrog ondersoek.
Mokgadi Kgohloane en nog ses direkteure van die Blue Platinum Venture-myn word deur die polisie ondersoek.
Brig. Hangwani Mulaudzi, kommunikasiehoof van die polisie in Limpopo, het gesê die Batlhabine Foundation, ’n nie-regeringsorganisasie, het ’n klag van korrupsie teen Kgohloane ingedien.
Blue Platinum Venture myn glo onwettig in die Maake-gebied, naby Tzaneen.
Die maatskappy doen ook sake as Bathlabine Brickworks in dieselfde gebied.
Mulaudzi het gesê daar word glo sonder ’n wettige lisensie gemyn.
Die ondersoek kom te midde van die storm om Mathale se kop omdat vyf provinsiale regeringsdepartemente deur die nasionale regering onder administrasie geplaas is.
Kgohloane kon nie Vrydag vir kommentaar bereik word nie.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Beeld