Premier se huis beroof
2010-09-22 22:09
Johannesburg – Rowers het by die amptelike woning van Nomvula Mokonyane, Gauteng se premier, ingebreek, het die provinsiale regering Woensdag gesê.
Thabo Masebe, woordvoerder, sê daar word beweer dat die diewe op 6 September ingang tot die huis gekry het en talle items soos ‘n televisiestel en klere gesteel het.
“Die polisie ondersoek die saak en in dié stadium word geen verdagtes geïdentifiseer nie,” het hy in ‘n verklaring gesê.
Mokonyane se woning in Bryanston was glo onlangs vir ‘n koste van oor die R2 miljoen opgeknap.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA