Predikante bieg oor twyfel

2011-10-23 09:01
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Sondae staan hulle op die kansel en preek die Bybel as onfeilbare Woord van God.

Maar in hul harte glo hulle nie meer die dinge wat hulle aan hul gemeentelede verkondig nie.

So bieg vyf predikante “van die hoofstroom-kerke” in ’n potensieel opspraakwekkende boek wat pas gepubliseer is.

Dié leraars vertel elkeen die geloof wat hul kerkverband bely, rym nie meer met die vertwyfelings wat hulle al jare lank in hul harte ronddra nie.

Die boek, Hier staan ek, is ’n bloemlesing van mense se verhale oor hoe hulle van die kerklike verstaan van God en Christelikheid afskeid geneem het.

En hoewel daar essays is deur mense soos prof. Sakkie Spangenberg en die digter Lina Spies, wat al voorheen in die media vertel het dat hul geestelikheid nie meer met tradisionele kerkdogma rym nie, is daar ook getuienisse deur vyf predikante wat bieg in hul harte glo hulle ook nie meer alles wat hul werk se posbeskrywing van hulle vereis nie.

“Ek kan nie meer bid nie. Ek voel soos ’n leuenaar in die gemeente. Ek lees nie meer Bybel nie. Huisgodsdiens het vir my ’n ondraaglike las geword, iets wat ek so vinnig moontlik wil verby kry sodat ek met my eie worsteling kan aangaan,” skryf een van die predikante, wat nes die ander vier onder skuilname skryf.

Benewens enkele biografiese besonderhede, verklap hulle bloot dat hulle nog in die bediening is en in hoofstroom-kerke (die indruk word geskep dit is deel van die Gereformeerde susterskerke) werk.

Hulle skryf ook dit is vir hulle swaar om een ding in hul binnekamer te glo, maar ’n ander ding van die preekstoel af te bely.

“Eensaam. Eensaam en alleen. Verneuk. Verneuk en beangs. Dit is waarskynlik die woorde wat my gevoel tans die beste uitdruk,” skryf een, wat vertel dat hy kort ná sy eerste aanstelling deur die geloofsvrae van ’n gemeentelid op ’n twyfelpad gelei is.

Deesdae glo hy nie meer in Jesus se maagdelike geboorte, opstanding uit die dood of lewe in ’n hiernamaals nie.

’n Tweede een, ’n “dominee in my middel-dertigs”, vertel hy is as student al in sy geloof ontnugter, maar het desondanks predikant geword.

Hy kon hom egter wel in ’n mate met die Christenskap versoen danksy die aanklank wat hy toenemend by die kontemplatiewe spiritualiteit van die Katolieke mistici vind.

’n Derde, wat 38 jaar ervaring in die bediening het, vertel hy het allerlei vertwyfelings wat hy nie durf uitspreek nie, want hy “het geweet ek sou geëtiketteer en waarskynlik verwerp word… My loopbaan kon ook in gedrang kom.” Tans beskou hy Jesus eerder as “navolgenswaardige leermeester” en die Bybel as wegwyser.

’n Vierde predikant vertel hy is ontnugter deur die wrede verhale in die Ou Testament en die onvermoë van teoloë om sy kritiese vrae te beantwoord.

Die vyfde skryf die Christelike kerk behandel godsdiens soos ’n dieretuin waar God “in ’n hok” aangehou word en dat hy eerder in die “wildtuin van sienings” wil beweeg waar panteïsme, panen­teïsme, agnostisisme, post-teïsme en ander lewensbeskouings ook welkom is.

In die voorwoord van die boek, wat deur Griffel Media uitgegee word, skryf die samestellers hulle wil met dié stories twyfelaars gerusstel dat hulle nie alleen is nie.

Die stories in die boek kan volgens hulle “’n aanduiding wees van die soort probleme waarmee nie net leke nie, maar selfs ook teologies geskooldes worstel”.

Volg Nuus24 op Twitter

- Rapport

Lees meer oor: christenskap  |  kerke

Lewer kommentaar op hierdie artikel
28 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gotterdammerung sê... Huh? Daar is net een ding wat hy kan vasvat en dit was vervang in 'n (nou beskadigde) portret Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Micra 1.5 DCi Tekna 3-dr Dsl
2007
R 109,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.