Predikant ontslaan oor gay huwelik

2010-02-19 09:01
Tweets Share Share line Print

Eerw. Ecclesia de Lange (links) en haar eggenote, Amanda, op ’n troufoto.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Johannesburg - Daar is woede en ontsteltenis by ’n klomp Suid-Afrikaanse Metodiste ná ’n beslissing dat ’n geliefde predikant weens haar gay huwelik ontslaan moet word.

Eerw. Ecclesia de Lange van Kaapstad is in Desember met haar gay lewensmaat getroud en in Januarie deur die kerk geskors.

Haar appèl teen dié vonnis is nou van die hand gewys en die appèlkommissie het beslis dat sy ontslaan moet word.

Dié besluit moet nog deur biskop Ivan Abrahams, leier van die Metodistekerk, bekragtig word, maar dis glo net ’n formaliteit. Abrahams en eerw. Vuyani Nyabolo, hoofsekretaris van die kerk, was nie Donderdag beskikbaar vir kommentaar nie.

Intussen gons dit op die Ecclesia de Lange-ondersteunersgroep se blad op Facebook.

’n Deelnemer bestempel die Metodistekerk daarop as ’n Judaskerk omdat dit met dié beslissing sy eie boodskap van ’n inklusiewe geloofsgemeenskap verraai het.

’n Predikant wil weet hoe hulle voortaan van die kansels af kan verkondig dat Jesus almal onvoorwaardelik aanvaar as die Metodistekerk self voorwaardes stel.

De Lange self het op die blad gesê die beslissing was ’n skok, maar die ondersteuning wat sy gekry het, was oorweldigend.

Sy win advies in en wag nog op die amptelike brief voordat sy ’n verklaring uitreik.

De Lange kan blykbaar nog aansoek om arbitrasie langs die kerklike kanale doen.

Daarna is daar ook die opsie om die beslissing op prosedurele en grondwetlike gronde in ’n hof te betwis.

- Beeld

Lees meer oor: godsdiens  |  gays

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Pritt sê... Dit lyk tot jou tjommies het in 'n ry gestaan daarvoor legens. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 Exec Multitronic
2005
R 165,000.00

BMW

120i (E87)
2005
R 172,900.00

TOYOTA

Corolla 140i GLE MY05
2008
R 146,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.