Potch sal onherkenbaar wees – Zille

2011-03-28 08:24
Tweets Share Share line Print

Beeld

Potchefstroom – ’n Blou golf het gister deur Promosa, die tradisionele bruin woonbuurt in dié stad, gespoel toe Helen Zille, leier van die DA, en Patricia de Lille, OD-leier en Kaapstadse burgemeesterskandidaat, hier besoek afgelê het.

Zille, wat ’n paar inwoners se huise besoek het om na hul klagtes oor die plaaslike regering te luister, het onder meer dié party se burgemeesterskandidaat bekend gestel met die oog op die munisipale verkiesing.

Dié kandidaat, DA-LP Juanita Terblanche, is optimisties oor die DA se kans om die meeste stemme in Potchefstroom te kry as die stemuitslae met die registrasiesyfers ooreenstem.

“Daar is ’n wesenlike moontlikheid dat ons Potchefstroom kan vat. Die registrasiesyfers, 14,7%, is die hoogste in die land vir ’n gebied wat nie voorheen ’n DA-gebied was nie.”

Zille het gesê in 2004 het die DA 27% van die stemme in die Wes-Kaap op hom verenig en 42% tydens die volgende verkiesing, waarna hulle toe ’n koalisie kon vorm.

“Met die laaste verkiesing in Potch het ons 27% gekry, sonder die OD. Enigiets is moontlik.”

Inwoners van Promosa het met hul blou DA-hemde langs die straat gestaan toe Zille en De Lille agter op ’n bakkie deur die woongebied gery het. Kort hierna het sowat 400 mense na die toesprake in die Promosa-park gaan luister.

“Vir die eerste keer kan u, die kieser, die rekords van twee partye in regering met mekaar vergelyk. Nou kan jy vir jouself afvra: ‘Waar het die lewe vir almal beter geword?

Onder die ANC of onder die DA?’ Elke laaste peiling wat gedoen is, wys dat die lewe vir almal verbeter het onder die DA,” het Zille gesê.

Volgens Zille sal die inwoners van Potchefstroom hul stad nie herken nadat die DA vir vyf jaar lank aan die bewind was nie. Zille het gesê die DA lewer meer dienste aan almal, asook meer gratis dienste en skep stapsgewys werk.

“Dit help nie om op 18 Mei vir die ANC te stem en in Augustus te toi-toi teen swak dienslewering nie.”

- Volg Nuus24 op Twitter.

- Beeld

Lewer kommentaar op hierdie artikel
11 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gotterdammerung sê... Huh? Daar is net een ding wat hy kan vasvat en dit was vervang in 'n (nou beskadigde) portret Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Micra 1.5 DCi Tekna 3-dr Dsl
2007
R 109,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.