Poskantoor wil niks sê oor miljoene se diefstal

2012-01-16 07:03
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die Poskantoor het Sondag nuusberigte oor die diefstal van nagenoeg R42 miljoen uit sy Posbank-afdeling veroordeel en gesê dit doen skade aan enige ondersoek wat na die voorval gedoen word.

Lungile Lose, poskantoor-woordvoerder, het Sondagmiddag gesê die Poskantoor wil nie oor die saak praat nie.

Hy wou nie die bedrag wat gesteel is (en die naweek in nuusberigte genoem is) bevestig of ontken nie.

“Ons wil nie die saak in die media bespreek nie. Dit waarsku die misdadigers en bemoeilik die polisie se werk,” het Lose gesê.

Volgens hom moet inligting wat betrekking het tot die ondersoek nie net “rondgegooi word in die openbaar nie, want dit benadeel die ondersoek”.

Luidens Sapa word die saak deur die Nasionale Intelligensie-agentskap (NIA) ondersoek.

Na wat verneem word, was ’n “hoëvlak-kuberruimte-sindikaat” verantwoordelik vir die misdaad. Die sindikaat het glo verskeie Posbank-rekeninge einde verlede jaar geopen.

Toegang tot die Posbank se stelsel is glo bekom met behulp van die rekenaar van een van die Poskantoor se werknemers in Rustenburg. Dié rekenaar is gebruik om geld oor te plaas na die rekenings wat die sindikaat geopen het. Die geld is daarna tussen 1 en 3 Januarie van kitsbanke in Gauteng, die Vrystaat en KwaZulu-Natal uit die rekeninge onttrek.

Die NIA was nie Sondag vir kommentaar beskikbaar nie.

Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lees meer oor: diefstal  |  poskantoor

Lewer kommentaar op hierdie artikel
45 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gotterdammerung sê... Huh? Daar is net een ding wat hy kan vasvat en dit was vervang in 'n (nou beskadigde) portret Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Micra 1.5 DCi Tekna 3-dr Dsl
2007
R 109,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.