Porno-saak: ‘Kinders sal nie so iets versin nie’

2010-12-30 08:00
Tweets Share Share line Print

Van die agt verdagtes in die Pretoriase kinderpornografie-saak verlaat die beskuldigdebank gister op pad na die selle van die Pretoria-Noord-landdroshof. (Foto: Theana Breugem)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Johannesburg - Die agt beskuldigdes in die Pretoriase kinderpornografiesaak sal eers Dinsdag uitvind of hulle op borgtog vrygelaat sal word.

Die staat en die verdediging het Woensdag in die Pretoria-Noord-landdroshof hul betoë in die borgtogverhoor afgesluit en landdros Pierre Wessels het gesê hy sal op 4 Januarie uitspraak lewer sodat hy eers behoorlik oor al die feite kan be­sin.

Die beskuldigdes staan tereg op onder meer aanklagte van verkragting, onsedelike aanranding, die seksuele gereedmaking van minderjarige kinders, asook die vervaardiging, besit van en verspreiding van kinderpornografie.

Lara Cole, regsverteenwoordiger van beskuldigde drie en vier, het Woensdag aangevoer die staat se saak is “baie swak” omdat geen kinderpornografie of bewyse van die vervaardiging van kinderpornografie, soos “’n videokamera of ’n driepootstaander”, nog gevind kon word nie.

Sy het ook gesê die beskuldigdes se kinders is sonder behoorlike gronde van hul biologiese ouers verwyder “net omdat die ouers in hegtenis geneem is”.

“Die staat het nie ’n prima facie-saak nie en daar is geen behoorlike redes hoekom die kinders van hul ouers geskei moet word nie,” het Cole gesê.

Adv. Neels de Jager, regsverteenwoordiger van die ander beskuldigdes, het aangevoer veral die vroulike beskuldigdes is erg deur hul arrestasie en aanhouding getraumatiseer en dat al die beskuldigdes se sake-ondernemings en geldsake weens hul aanhouding in duie stort.

Die verdediging het aangevoer die agt beskuldigdes het hulle voorgeneem om, as hulle op borgtog vrygelaat word, nie in die regsproses in te meng nie. Hulle het geen vorige veroordelings het nie en hulle is nie ’n vlugrisiko is nie.

Adv. Tania Carstens, aanklaer, het hierteenoor in haar betoog gesê die staat het “absoluut” ’n prima facie-saak teen die beskuldigdes.

“Ons is in besit van verklarings van twee kinders uit twee huishoudings wat nie met mekaar kontak gehad het nie en wat byna presies dieselfde stories in detail vertel van hoe die beskuldigdes voor hulle seks gehad het en hoe hulle deur die beskuldigdes tot seksdade aangemoedig en gemolesteer is,” het Carstens gesê.

“Die verdediging voer aan die kinders maak stories op, maar kinders van so ’n jong ouderdom sal nie detail soos hoe moeg hul handjies geword het, die slegte smaak van orale seks of die pyn van anale penetrasie kan opmaak sonder dat hulle dit self deurgemaak het nie.”

Sy het gesê die staat het ook mediese verslae wat moontlike seksuele mishandeling by die kinders bevestig.

“Daar is boonop wel pornografiese video’s in die beskuldigdes se besit gevind,” het sy gesê. “Dit is wel nie kinderpornografie nie, maar ons vermoed sterk dit is aan die kinders vertoon en dít is opsig self ook ’n ernstige misdryf”.

Carstens het gesê die beskuldigdes het hul eie geloofwaardigheid vernietig met weersprekings, soos dat hulle net R500- borgtog kan bekostig “terwyl hulle klaarblyklik genoeg geld het om die hooggeregshof te wil nader”.

Lees meer oor: misdaad  |  hof  |  kinderpornografie

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gotterdammerung sê... Huh? Daar is net een ding wat hy kan vasvat en dit was vervang in 'n (nou beskadigde) portret Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Micra 1.5 DCi Tekna 3-dr Dsl
2007
R 109,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.