Populêre pesdoder verban
2010-06-01 10:24
Kaapstad – ‘n Insekdoder wat in vlooibande en hondesjampoe gebruik word, Chlorpyrifos, is deur die landboudepartement verban.
Volgens ‘n verklaring deur die Legal Resources Centre (LRC), het die landboudepartement op 16 Mei ‘n algehele verbod op die huishoudelike gebruik van dié chemikalieë ingestel.
Die departement het aanvanklik slegs ‘n gedeeltelike verbod voorgestel, maar volgens die LRC is so ‘n verbod nie wettig nie.
LRC het daarop aangedring dat die middel heeltemal verban word in Suid-Afrika.
Volgens die webblad chlorpyrifos.org word die stof gebruik om vlooie, insekte, termiete, muskiete en ander peste te beheer.
Dit is ‘n gunsteling bestanddeel in baie hondesjampoes, vlooibande en –spuitmiddels.
Kliniese toetse het bewys dat Chlorpyrifos veral skadelik is vir kinders en fetusse.
Dit is nog nie duidelik wat van bestaande produkte wat dié middel bevat gaan word nie.
– Sapa
Volg Nuus24 op Twitter