Politici vlieg mekaar in die hare oor Vigsdag

2010-12-01 09:49
Tweets Share Share line Print

Kaapstad. – Die parlementêre debat oor die 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders asook Wêreldvigsdag het gister in die provinsiale parlement in ’n politieke modder­gooiery ontaard.

Dit het gebeur toe politici mekaar oor en weer beskuldig het oor wie nou eintlik wat doen vir dié belangrike saak. Verder kon hulle ook nie saamstem oor wanneer sekere take uitgevoer moes gewees het nie.

Patricia de Lille, provin­siale minister van maatskaplike ontwikkeling, het in ’n stadium al vingerwysend na ANC-lede wat haar uitgejou het, geskree: “Julle het geen respek vir vroue en kinders nie!”

LPP’s het mekaar uitgejou en sprekers wat aan dié debat deelgeneem het by tye heeltemal oordonder.

Dit was ten aanskoue van lede van die publiek wat juis die debat oor dié netelige kwessie kom luister het.

Albert Fritz, provinsiale minister van gemeenskapsveiligheid, het gesê meer as 2000moorde op vroue is verlede jaar aangeteken.

Boonop is 50% meer kindermoorde vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar reeds vanjaar aangemeld.

Volgens Joyce Witbooi, ANC-LPP, is die kwessie meer as net vertoonstrikkies. “Dit is mooi en oulik om in dié tyd strikkies op die bors te dra, maar dit is belangriker om die saak op die hárt te dra sodat daar deurgaans ’n verbintenis tot die kwessie kan wees.”

Zodwa Magwaza, ANC-LPP, het die DA gekap oor sy “eng” veldtog teen geweld teen vroue, wat net op agterstallige onderhoudsgeld vir kinders fokus. “Daar is so baie kwessies wat nog aangespreek kan word,” het sy gesê.

Helen Zille, premier, het egter die DA-regering se veldtog verdedig en gesê geskeide pa’s wat nie onderhoud vir hul kinders betaal nie is ook ’n vorm van geweld.

- Volg Nuus24 op Twitter. Kliek hier.

- Die Burger

Lees meer oor: sa-politiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gotterdammerung sê... Huh? Daar is net een ding wat hy kan vasvat en dit was vervang in 'n (nou beskadigde) portret Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Micra 1.5 DCi Tekna 3-dr Dsl
2007
R 109,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.