Politici in rade se dae getel

2011-06-17 12:28
Tweets Share Share line Print

Kaapstad. – ’n Omstrede wetsontwerp wat senior politici sal verbied om bestuursposte in munisipaliteite te beklee, sal voor volgende jaar se plaaslike verkiesings op die wetboeke wees.

Sicelo Shiceka, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, is onverbiddelik oor die noodsaaklikheid van die wetgewing, ondanks kritiek dat dit politici se grondwetlike regte inperk.

Die Wysigingswetsontwerp op Munisipale Stelsels het ten doel om munisipaliteite te depolitiseer en te verhinder dat dienslewering weens politieke binnegevegte verlam word. Dit verbied munisipale en senior bestuurders om in politieke partye se topposisies – waaronder as voorsitter, sekretaris of tesourier – op nasionale, provinsiale of streekvlak te dien.

“Afgevaardigdes by die ANC se nasionale hoofraadsvergadering het gesê die wet moet kom.

“En dit sál, daaroor is geen twyfel nie. Dit gaan voor die (plaaslike) verkiesings gebeur,” het Shiceka gister in ’n onderhoud aan Beeld gesê.

Nomaindia Mfeketo, voorsitter van die ANC se subkomitee oor regering, het verlede week in Durban gesê die probleem met politici in senior bestuursposte is “eerder ’n interne partykwessie” en wetgewing is dalk nie die oplossing nie.

“Dit is háár mening, die regerende party het reeds gesê: ‘Gaan voort’,” het Shiceka gister teruggekap.

Die wetsontwerp is verlede maand na die Nasionale Ekonomiese, Ontwikkelings- en Arbeidsraad (Nedlac) verwys omdat sekere klousules op bestuurders se diensvoorwaardes betrekking het. Shiceka hou vol die wet is dringend noodsaaklik om munisipaliteite in professionele werkomgewings te transformeer.

Die wet sal hom magtig om regulasies uit te reik om minimum standaarde vir die vaardighede, ervaring en kwalifikasies vir munisipale en senior bestuurders af te dwing. Aanstellings wat nie daaraan voldoen nie sal kragtens die wetsontwerp nietig verklaar word. Dié regulasies is nodig omdat talle munisipaliteite bestuurders aanstel wat nie die werk kan doen nie.

Intussen het Lechesa Tsenoli, ANC-LP en voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor samewerkende regering, gister gesê hy twyfel of die komitee die wetsontwerp betyds sal afhandel.

“As daar ingrypende veranderinge ná die Nedlac-proses is, sal die minister die wet van voor af by die parlement moet indien.”

Shiceka het gister uitkomsgerigte ooreenkomste met die nege provinsiale LUR’e vir plaaslike regering gesluit.

Die LUR’e het op hul beurt ooreenkomste met burgemeesters en senior munisipale bestuurders gesluit wat bepaal dienslewering moet versnel en onderbesteding moet verhinder word.

Munisipaliteite moet voorts so bestuur word dat belangrike basiese dienste soos water, sanitasie, elektrisiteit en vullisverwydering voorsien word, het Shiceka gesê.

Volgens hom het 95% van die 283 munisipaliteite oor die land heen hul regrukplanne reeds gefinaliseer. “Dit gaan baie goed.”

Shiceka se omkeerstrategie moet eindelik verseker dat munisipaliteite in gemeenskappe se basiese behoeftes voorsien, dat daar deursigtigheid en aanspreeklikheid is, dat wanbestuur en korrupsie tot ’n einde kom en dat professionele mense aangestel word.

Ministers se teikens bekend

Collins Chabane, minister in die presidensie gemoeid met evaluering, het gister dié doelwitte bekend gemaak wat pres. Jacob Zuma en sy kabinet sal nastreef:

  • Om die gehalte van basiese onderwys te verbeter;
  • ’n Lang en gesonde lewe vir alle Suid-Afrikaners;
  • Almal moet veilig voel en wees;
  • Die skepping van behoorlike werkgeleenthede;
  • ’n Geskoolde en vaardige arbeidsmag;
  • Doeltreffende en mededingende ekonomiese infrastruktuur;
  • Volhoubare landelike gemeenskappe met voedselsekerheid vir almal;
  • Volhoubare huisvesting en ’n beter huislike lewe;
  • ’n Verantwoordbare en doeltreffende plaaslike regeringstelsel;
  • Natuurlike hulpbronne en omgewingsbates wat behoorlik beskerm en uitgebrei word;
  • ’n Beter Afrika en wêreld deur ons bydrae tot globale verhoudinge; en
  • ’n Bekwame staatsdiens en bemagtigde, regverdige en inklusiewe burgerskap.
Elke minister het prestasie-ooreenkomste met Zuma gesluit om die doelwitte te behaal wat op sy of haar portefeulje van toepassing is en ministers op hul beurt uitkoms- gerigte ooreenkomste met LUR’e, hoofde van staatsondernemings en departementshoofde.

Chabane sal die departemente evalueer en aan Zuma verslag doen. Kwartaallikse prestasieverslae sal ook voorgelê en dan openbaar gemaak word.

Lees meer oor: regering

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Legens sê... het die here jou al geantwoord op die vraag .Legens kry nie antwoord daar nie ? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 12-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

C#.net Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

C# Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

SONIC 1.4 LS 5DR
2011
R 144,995.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2008
R 255,000.00

FORD

Fiesta 1.6 Ambiente 5-dr AT MY06
2007
R 112,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Ghost Recon Future Soldier

Vanaf: R349.95

Beplan, vernietig, infiltreer. Verloor jouself in die toekoms van oorlogvoering, word 'n Future Soldier met Gost Recon.Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.