Polisievroue ernstig beseer in ongeluk
2010-04-26 16:30
Johannesburg – Twee polisiebeamptes van Durban is ernstig beseer nadat hul motor Maandagoggend deur ‘n bakkie getref was, het paramedici in KwaZulu-Natal gesê.
Die ongeluk het by die Ordonance en Prince Alfred-kruising plaasgevind toe die bestuurder van die bakkie ‘n rooi verkeerslig verontagsaam het.
"Die bakkie het die voertuig teen die kant getref,” het Jeff Wicks, woordvoerder van Netcare 911 gesê.
Volgens Wicks het die twee polisiebeamptes ernstige kop en ruggraatbeserings opgedoen.
- Sapa