Polisievrou vas vir korrupsie
2011-10-27 22:09
Johannesburg – ‘n Polisiebeampte wat probeer het om baat te vind by die verkoop van koperkabels waarop beslag gelê is, is Donderdag op borgtog van R1 000 vrygelaat in die Rustenberg-landdroshof, het die polisie in Noordwes gesê.
Josephine Pilane (46) is aangekla van diefstal en korrupsie en sal weer op 18 November in die hof verskyn, het brig. Thula Ngubane gesê.
Pilane het Maandag twee rolle koperkabels na ‘n skrootwerf in Phokeng geneem en dit vir R2 100 verkoop. Sy is deur haar toesighouers aangesê om dit vir R1 100 te verkoop.
Die staat het beslag op die kabels gelê toe dit as verlore goedere ingedien is.
Pilane is Dinsdag in hegtenis geneem.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA