Polisievrou sterf in motorongeluk
2009-11-11 09:24
Johannesburg – ‘n Polisievrou het vroeg Woensdagoggend gesterf nadat sy in ‘n motorongeluk in Sinoville in Pretoria betrokke was.
Chris Botha, ‘n woordvoerder vir Netcare 911 het gesê die ongeluk het omstreeks 06:00 die oggend by die kruising van Zambezi en Aldostraat plaasgevind toe die polisievoertuig waarin sy gery het teen 'n ander motor gebots het en omgekantel het.
Nog twee polisiemanne wat saam met haar in die voertuig was, is ernstig beseer en na die Netcare Montana-hospitaal geneem vir verdere behandeling, het Botha gesê.
-Sapa