Polisievrou skiet glo haar man oor skelmpie
2011-02-27 18:46
Johannesburg - ‘n 33-jarige vroulike konstabel is in hegtenis geneem nadat sy na bewering haar man in Etwatwa, Benoni, Sondagoggend doodgeskiet het, het die polisie gesê.
Lt. kol. Lungelo Dlamini sê die vrou het haar man ‘n paar blokke weg van hul huis met ‘n ander vrou betrap.
“Dit het in die vroeë oggendure gebeur en sy het haarself ná die voorval aan die polisie oorgegee,” het Dlamini gesê.
“Sy het haar dienspistool gebruik. Sy sal van moord aangekla word,” het hy gesê.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA