Polisieverslag in Gauteng skok
2011-01-19 14:18
Johannesburg – 'n Vertroulike verslag wat waarsku dat reeksmoord en -verkragting-ondersoeke in Gauteng in wanorde is, is nie vir openbare domein bedoel nie, het 'n woordvoerder gesê.
Dié verslag is deur die polisie se ondersoekende sielkunde-eenheid saamgestel.
"Daar is 'n verslag, maar dit was bedoel vir interne en operasionele aangeleenthede en nie vir besprekings in die openbare domein nie," het kol. Vish Naidoo Woensdag gesê.
"Die feit dat die verslag geskep is, dui aan hoe ernstig die polisie sake van ernstige misdade soos verkragting en moord ag. Dit is ook 'n aanduiding dat die polisie in beheer is van dié misdade."
Hy het gesê die verslag is deel van die polisie se pogings om "strategieë" te verbeter.
The Star het Woensdag berig dat die vertroulike polisieverslag die omvang van die probleem in die provinsie uitwys.
Die dokument is verlede maand saamgestel en het 160 aktiewe sake, meestal reeksverkragtings, of onopgelos of voor die howe gelys.
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter