Polisieverkragting op hoogste vlak aangevat

2010-03-09 09:40
Tweets Share Share line Print

Eugene Gunning

Knysna - Die polisie in die Wes-Kaap het Maandag op die hoogste vlak in die provinsie onderneem om saam te werk sodat die saak oor die beweerde verkragting van ’n vrou deur twee polisiebeamptes van Knysna opgelos kan word.

Komm. Mzwandile Petros, die Wes-Kaapse polisiehoof, het Maandag op ’n mediavoorligtingsessie hier gesê daar is die laaste tyd ernstige bewerings oor die polisie in Knysna gemaak.

Die een hou verband met die beweerde verkragtingsvoorval en die ander oor ’n verdagte wat verlede week in polisie-aanhouding gesterf het.

Petros het gesê hy het ’n gesprek met Eleanor Bouw-Spies, Knysna se burgemeester, gehad.

Hy het onderneem dat die sake tot op die been ondersoek sal word. Geregtigheid moet seëvier en die skuldiges moet agter tralies gesit word.

Petros het dit verwelkom dat die Onafhanklike Klagtedirektoraat (OKD) nou die verkragtingsaak hanteer en hy het sy vertroue in die instelling uitgespreek. In retrospeksie is dit eindelik beter dat die OKD nou betrokke is, het hy gesê.

Hy het tydens sy besoek opdrag aan die polisie in Knysna gegee om enige inligting oor die voorval dadelik na die OKD deur te gee.

DNS-toetse is afgehandel, maar hy kan nie kommentaar lewer daaroor nie, want die saak is nou in die OKD se hande.

Hy het nie die name van polisiebeamptes wat moontlik betrokke kan wees nie, maar dit is moontlik dat die OKD name het.

Daar moet getuienis wees voordat iemand geskors kan word en op verlof geplaas kan word. As die OKD egter vir hom inligting gee wat daarop dui dat polisiebeamptes betrokke is, sal hulle beslis geskors word.

Tydens sy besoek is veiligheidsmaatreëls in die dorp ook bespreek met die oog op die Wêreldbeker-sokkertoernooi. Frankryk en Denemarke se spanne gaan hul tuisbasisse hier vestig.

Veiligheidsmaatreëls gaan nou opgeskerp word en personeel van sy kantoor gaan na die dorp ontplooi word.

Meer as 2 500 polisiebeamptes in die Wes-Kaap is spesiaal in skarebeheer opgelei. Altesaam 120 van die groep kom van die Suid-Kaap.

Petros het gesê van nou tot 11 Junie gaan daar na misdaadbedrywighede in Knysna en omliggende dele gekyk word.

Dit sluit in dwelms, onwettige drankhandel en rooftogte.

Die polisie is voornemens om as deel van sy nalatenskap tot die toernooi die vergrote kapasiteit wat met die toernooi gevestig word, behoue te laat bly in Knysna.

- Die Burger

 

Lees meer oor: verkragtings  |  sapd

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Ansie sê... Vir hoelank? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Micra 1.5 DCi Tekna 3-dr Dsl
2007
R 109,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.