Polisiereservis in Soweto doodgeskiet
2011-07-06 13:21
Johannesburg – 'n Polisiereservis is Dinsdagaand op die toneel van 'n OTM-bomaanval en rooftog by 'n vulstasie in Pimville, Soweto, doodgeskiet.
Twee polisiebeamptes het die ontploffing gehoor en toe hulle by die vulstasie aankom, het 'n groep van sowat 10 mans op hulle losgebrand en die reservis doodgeskiet.
Die mans het met 'n onbekende bedrag geld gevlug en 'n soektog is nou aan die gang.
Lungelo Dlamini, polisiewoordvoerder, het gesê 'n ondersoek sal gedoen word om vas te stel of dié voorval verband hou met 'n OTM wat Maandagaand in Alberton aan die Oosrand opgeblaas is.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter