Polisiemanne voor ná man se dood

2010-03-05 09:00
Tweets Share Share line Print

Tisha Steyn

Knysna - Twee polisiebeamptes en ’n polisiereservis van hier is in hegtenis geneem nadat ’n verdagte in aanhouding gesterf het.

Die spanning was Donderdag tasbaar in die landdroshof hier waar twee van die drie vlugtig voor landdros L.C. Ndomo verskyn het.

Talle van hul kollegas het die hofverrigtinge saam met familielede gevolg.

Twee manlike polisielede is Woensdagaand en ’n reservis Donderdagoggend in hegtenis geneem in verband met die dood van Tom Meyer van Rheenendal.

Besonderhede was Donderdag skraps. Nie die staat of die verdediging het teen Donderdagmiddag die dossier onder oë gehad nie.

Meyer is die naweek in Rheenendal weens die besit van dwelms in hegtenis geneem.

Meyer het konst. Christopher Moos (beskuldigde 1) na bewering met ’n mes in die arm gesteek tydens ’n worsteling wat ontstaan het toe eersgenoemde hom na bewering teëgesit het.

Beskuldigde 2 (wie se naam nie genoem mag word nie omdat hy in die hospitaal was en nie kon verskyn nie) en beskuldigde 3, reserviskonst. Clint van Rooyen, het Moos na bewering gehelp om Meyer by die polisiekantoor hier agter uit die polisievoertuig te laai.

Beskuldigde 2 het Woensdagaand ná sy inhegtenisneming in die polisieselle siek geword en is in die hospitaal hier opgeneem.

Hy was Donderdag nog in afsondering en onder polisiebewaking in die hospitaal.

Daan Derksen, wat vir beskuldigde 2 verskyn, het versoek dat die saak tot 11 Maart uitgestel word vir ’n borgtogaansoek.

Derksen het die versoek ook namens John Gillespie, wat vir Moos optree, gerig. Gillespie was elders besig met werksaangeleenthede.

Van Rooyen het Donderdag om regshulp aansoek gedoen. Henriëtte Breedt kla aan namens die staat.

Omdat polisielede betrokke is, word die saak deur die Onafhanklike Klagtedirektoraat onder leiding van Gavin Meyer ondersoek.

Die twee beskuldigdes bly in aanhouding in die gevangenis hier.

Dit was nie duidelik wanneer beskuldigde 2 uit die hospitaal ontslaan sal word nie.

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: sapd  |  sterftes

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Ansie sê... Vir hoelank? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Micra 1.5 DCi Tekna 3-dr Dsl
2007
R 109,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.