Polisiemanne vas wat help dwelms smokkel
2010-09-14 12:51
Kaapstad – Twee polisiemanne van Kaapstad is Dinsdag in hegtenis geneem as gevolg van hul verbintenisse met dwelmbase in Woodstock, het polisie in die Wes-Kaap gesê.
Hulle is glo betaal om dwelms te vervoer vir dwelmhandelaars, het lt. kol. Andrè Traut gesê.
Die twee SAPD-lede, wat onderskeidelik 28 en 44 jaar oud is, is Dinsdag by hul huise in Mitchellsplein en Northpine, Kraaifontein, in hegtenis geneem ná ‘n ondersoek deur die Valke.
Die twee is aangekla van korrupsie.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA