Polisiemanne in hof vir verkragting
2011-12-09 11:07
Johannesburg – Twee polisiesersante het in die hof verskyn nadat hulle glo 'n vrou in Fourways, Johannesburg, verkrag het, het 'n woordvoerder Vrydag gesê.
"Daar word beweer dat die slagoffer verlede Vrydag deur die polisiemanne afgetrek is," het lt.kol. Tshisikhawe Ndou gesê.
"Sy is uit die voorste sitplek getrek en die polisiebeamptes het haar na bewering beurtelings op die agtersitplek van die motor verkrag."
Die vrou het Saterdag 'n klag by die polisie ingedien.
Die 28- en 43-jarige polisiemanne is in hegtenis geneem en het Donderdag in die hof verskyn.
Die saak is tot 12 Desember vir 'n formele borgtogaansoek uitgestel.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA