Polisiebeamptes gewond in rooftog
2011-09-28 10:31
Oos-Kaap – Ses polisiebeamptes is gewond en omstanders is deur dwaalkoeëls getref toe gewapende rowers tydens 'n rooftog in Bizana in die Oos-Kaap begin skiet het, berig die SABC.
Die polisie het Dinsdagaand 'n wenk ontvang dat 'n plaaslike Shoprite beroof word. Toe die polisiebeamptes opdaag, het die bende op hulle losgebrand.
Die polisiebeamptes is in 'n kritieke toestand in die St. Patrick-hospitaal.
Die rowers, wat met AK47-aanvalsgewere gewapen was, het 'n onbekende bedrag geld gebuit.
Talle mense is ook gewond toe hulle deur dwaalkoeëls getref is.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA