Polisieman wat landmyne verkoop vas
2011-06-15 22:54
Bloemfontein – ‘n Polisieman het in die Sasolburgse landdroshof in die Vrystaat verskyn op aanklagte dat hy deel is van 'n sindikaat wat landmyne verkoop.
“Die
Valke het drie weke gelede ‘n ondersoek geloods ná hulle inligting ontvang het
aangaande ‘n sindikaat in Sasolburg wat met landmyne handel dryf.
“Landmyne word ook gebruik om OTM'e mee op te blaas,” het McIntosh Polela, ‘n
woordvoerder vir die Valke, gesê.
Die Valke het van dié plofstof by die sindikaat bestel
en gereël om dit Dinsdag in besit te neem.
“’n Polisiebeampte in uniform het in ‘n polisiemotor
opgedaag om die plofstof af te lewer.
“Hy is onmiddellik in hegtenis geneem,” het
Polela gesê.
Paul Isaac, ‘n Angolese man, is ‘n paar uur
later in hegtenis geneem.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA