Polisieman wat kleuter doodskiet se saak uitgestel
2010-07-12 22:55
Johannesburg – ‘n Polisiekonstabel wat glo ‘n kleuter doodgeskiet het, se saak is Maandag in die landdroshof in Tembisa uitgestel, het die nasionale vervolgingsgesag gesê.
Konst. Seila Shadrach Malaka se saak is tot Woensdag uitgestel sodat sy verhoor kan begin, het Charlene Labuschagne, ‘n woordvoerder gesê.
Die driejarige Atlagang Phalane is verlede jaar per ongeluk deur Malaka doodgeskiet, terwyl hy op die agterste sitplek van sy oom se motor gesit het.
Die motor was buite ‘n familielid se huis in Klipfontein naby Midrand geparkeer.
Malaka was glo ten tyde van die voorval besig om verdagtes te jaag.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA