Polisieman wat glo in sel verkrag, vra borgtog
2011-12-28 20:09
Johannesburg – Die saak teen 'n polisiebeampte wat daarvan beskuldig word dat hy 'n verhoorafwagtende gevangene verkrag het, is Woensdag deur die KwaDukuza-landdroshof uitgestel, het die polisie gesê.
Kol. Jay Naicker het gesê die 31-jarige beampte van die Glendale-polisiestasie sal na verwagting op 5 Januarie, wanneer hy weer verskyn, formeel om borgtog aansoek doen.
Die beampte het na bewering 'n 32-jarige vrou wat in 'n aanrandingsaak moes verskyn, verkrag.
'n Polisiebeampte het gesê hy het vreemde klanke uit die polisieselle gehoor en hom daarheen gehaas om ondersoek in te stel. Die vrou het toe beweer dat sy met 'n geweer gedreig en verkrag is.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA