Polisieman, vrou sterf ná argument
2010-07-08 21:10
Johannesburg – ‘n Polisieman en sy vrou is dood gevind in hulle huis in Alice nadat hulle ‘n hewige argument gehad het, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.
Volgens ao. Bradley Rawlinson, polisiewoordvoerder, het die voorval Woensdagaand omstreeks 20:30 plaasgevind.
“’n Polisieman, wat die huis met die egpaar gedeel het, het gehoor hoe die twee baklei. Kort daarna het ‘n paar skote afgegaan,” het Rawlinson gesê.
Die voorval word steeds deur die polisie ondersoek.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA