Polisieman verkrag glo vrou in staatsvoertuig
2010-05-14 20:49
Johannesburg – ‘n Polisieman het Vrydag in Welkom se landdroshof verksyn nadat hy glo ‘n vrou in ‘n staatsvoertuig verkrag het, het die onafhanklike klagtedirektoraat (ICD) gesê.
Volgens woordvoerder Moses Dlamini het Kaptein T.E. Hantsi (45) vroeër dié maand saam met ‘n 25-jarige vrou vanaf Welkom na Odendaalsrus gery, toe hy langs die pad gaan stilstaan.
Daar word beweer dat Hantis van die beplande roete afgewyk het en die motor langs die pad gestop het. Hy het die vrou toe verkrag, het Dlamini gesê.
Dit is nie bekend hoekom die vrou saam met Hantsi in die motor was nie.
Hantsi is Woensdagi in hegtenis geneem.
Hy het Vrydag in die landdroshof in Welkom verskyn en is op R1000 borgtog vrygelaat.
Die saak is tot 23 Junie uitgestel.
- Sapa
Volg Nuus24 op Twitter.