Polisieman vasgetrek vir bedrog
2011-07-19 12:08
Oos-Kaap – 'n Polisiekonstabel is in hegtenis geneem vir bedrog en omdat hy 'n staatsvoertuig sonder toestemming gebruik het, het die polisie in die Oos-Kaap Dinsdag gesê.
"Die drie aanklagte van bedrog hou verband met 'n petrolkaart, maar meer as dit kan ons nie sê nie," het kapt. Ernest Sigobe, polisiewoordvoerder, gesê.
Die 33-jarige polisiebeampte, wat by die polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe gestasioneer was, sal binnekort in die Willowvale-landdroshof verskyn.
Sigobe het gesê die polisiebeampte sal ook dissiplinêr verhoor word.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA