Polisieman vas wat in Noordwes jaag
2012-01-20 18:41
Johannesburg – ‘n Polisiebeampte is in hegtenis geneem nadat hy op die N4 tussen Zeerust en Swartruggens in die Noordwes gejaag het, het beamptes gesê.
Lesiba Kgwele, woordvoerder vir openbare veiligheid in die Noordwes, sê die 37-jarige speurder het na bewering 151 km/h in ‘n sone van 100 km/h gery.
Die man is by die Mmabatho-polisiestasie gebaseer.
Hy het ‘n amptelike voertuig bestuur toe hy Vrydag omstreeks 11:30 in Groot Marico – 92 km wes van Rustenburg – aangekeer is.
Die polisieman word by die Groot Marico-polisiestasie aangehou en sal Dinsdag in die Groot Marico-landdroshof verskyn.
Desbo Mohono, LUR vir openbare veiligheid in die Noordwes, sê dit is kommerwekkend dat mense wat rolmodelle aan ander bestuurders moet wees, deel van die meer as 2 600 motoriste is wat in die afgelope paar maande in die provinsie vasgetrek is.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA