Polisieman vas vir dronkbestuur
2012-01-12 16:57
Johannesburg – ‘n Polisiebeampte is in hegtenis geneem ná hy in Willowmore in die Oos-Kaap onder die invloed van alkohol bestuur het, het die polisie gesê.
Die polisie het Woensdagaand gesien hoe die beampte roekeloos bestuur het, het kapt. Ernest Sigobe gesê. Polisiebeamptes het die verdagtes agtervolg en afgetrek.
“Hulle het besef dat hy onder die invloed van alkohol bestuur en het hom na die polisiestasie geneem,” het Sigobe vertel.
Die 48-jarige polisiebeampte, wat sy eie motor bestuur het, sal Vrydag op aanklag van dronkbestuur in die Willowmore-landdroshof verskyn.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA