Polisieman vas ná meisie in ongeluk sterf
2011-12-25 09:30
Oos-Kaap – 'n Tiener is Saterdag dood in 'n ongeluk in Butterworth waar 'n polisiebeampte na bewering dronk bestuur het, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.
Kapt. Jackson Manatha het gesê 'n sedan met ses insittendes en 'n bakkie, wat die polisiekonstabel bestuur het, het trompop gebots.
'n 16-jarige meisie wat in die sedan was, is op die toneel dood.
Die vyf ander passasiers is met ernstige beserings hospitaal toe geneem.
Twee insittendes in die konstabel se bakkie is nie beseer nie.
Die konstabel is op die toneel vir dronk bestuur in hegtenis geneem. 'n Saak van strafbare manslag word ondersoek.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA