Polisieman van Mpumalanga skiet meisie, self
2011-12-30 10:44
Johannesburg – 'n Polisiebeampte het sy meisie doodgeskiet en toe selfmoord gepleeg naby Witrivier in Mpumalanga, het die polisie Vrydag gesê.
Sers. Andries Motau, 36, het Nelisiwe Mbuyane Donderdagaand verskeie kere buite haar huis in Kabokweni geskiet, het lt.kol. Leonard Hlathi gesê.
Hy het daarna selfmoord gepleeg. Albei is op die toneel dood.
Die 30-jarige Mbuyane was 'n verpleegster by die Bhuga-kliniek naby Witrivier.
"Sy het 'n saak van intimidasie aanhangig gemaak en het aansoek gedoen vir 'n beskermingsbevel teen Motau kort voor die insident," het Hlathi gesê.
Motau was by die Kanyamazane-polisiestasie gestasioneer.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA