Polisieman, swanger meisie sterf in ongeluk
2010-08-13 00:37
Johannesburg – ‘n Jong polisieman en sy 21-jarige meisie is Woensdag tydens ‘n ongeluk in Pretoria dood, het polisie in Tshwane gesê. Daar word vermoed dat die meisie swanger was.
Die polisieman (26) was nie aan diens toe die ongeluk plaasgevind het nie. Die twee slagoffers se Volkswagen Golf is glo deur ‘n vulliswa by ‘n kruising in Woodhill getref.
“Die meisie was moontlik swanger,” het sers. Lynnette Erasmus, polisiewoordvoerder, gesê.
Volgens Chris Botha, woordvoerder van Netcare911 het paramedici die paartjie se voertuig onder die vulliswa gevind.
Albei is op die toneel dood verklaar.
Nie een van die ses insittendes van die vulliswa is beseer nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA