Polisieman sterf in ongeluk
2010-01-26 04:09
Johannesburg – ‘n Polisiebeampte (42) is Maandag naby Villiers in ‘n motorongeluk oorlede, het die polisie in die Vrystaat gesê.
Volgens sers. Philani Mvuna, polisiewoordvoerder, het die beampte se junior kollega die motor bestuur.
Die ongeluk het omstreeks 10:30 op ‘n grondpad sowat 10km vanaf Villiers plaasgevind. Na bewering het die junior konstabel beheer oor die voertuig verloor en van die pad afgery. Die motor het omgerol en op sy kant te lande gekom.
Die polisiebeampte is dood in die motor gevind. Sy kollega is vir skok behandel.
–Sapa