Polisieman soek glo omkoopgeld
2010-10-27 22:10
Johannesburg – ‘n Polisiebeampte het Woensdag in die Mahwelereng-landdroshof verskyn nadat hy glo omkoopgeld vanaf ‘n motoris aanvaar het, het die polisie in Limpopo gesê.
“Na bewering het die beampte sowat R1000 vanaf ‘n motoris geëis,” het lt. kol. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, gesê.
Lede van die polisie se georganiseerde misdaadeenheid het die polisieman, Makgoba George Mahlamela, op 22 Oktober in hegtenis geneem nadat hy die geld vanaf ‘n motoris ontvang het.
Die saak is uitgestel tot 25 November en die verdagte op R1000 borgtog vrygelaat.
Die saak sal verder deur die polisie ondersoek word.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA